BIOGRAFIE

Hannes is gebore op 10 September 1960 te Pretoria.

Skoolloopbaan begin by Modder Bee en voortgesit by Bredell Laerskool waar hy deelneem met voordrag en sang op die Oosrandse Kunsvereniging. Hierdie deelnames was gedrewe deur sy ma wat 'n passie het vir die kunste. Op 10 jarige ouderdom behaal hy 'n Prestige vir die liedjie "Agt muisies het gaan wandel in silwer maanskyn". Nadat sy stem gebreek het, het hy geglo dat sang nie meer 'n opsie was nie.

Op dertienjarige leeftyd gee hy sy lewe aan die Here, word gedoop en vervul met die Heilige Gees. 'n Sondaar gered deur genade.

Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1977 by Hoogenhout Hoerskool te Bethal waarna hy vier jaar aansluit by die SA Lugmag. Daarna volg hy 'n loopbaan in die Bankwese en vorder tot by Besigheids Bankier in 2008.

Gedurende 1996/1997 het Buddy Botes, Hannes genader om as voorsanger op te tree in Pongola waar hy weer begin sing het.

In Januarie 2000 verhuis hy na Groblersdal. Gedurende 2004 het Hannes gewik en geweeg of hy sy eerste klankstel moes aanskaf om mense te bedien. Tydens spesiale dienste wat deur Past R Watt gelei was het die prediker een aand na die diens verby was teruggeklim op die verhoog en die volgende gese: "As die Here jou geroep het om mense te gaan bedien en jy het 'n klankstel daarvoor nodig, gaan koop dan vir jou een want hulle kos nie so baie nie." Hy raak weer betrokke by die voorsangers en skryf in September 2005 in vir Radiokansel se kompetisie tydens die Jesus Fees.

Gedurende 2006 verhuis hy na Pretoria waar hy werksaam was as Besigheidsbankier.

In November 2009 oppad vanaf Pretoria ontvang hy die liedjie "Running" van die Here. Hy nader Quinten Pendle om die musiekverwerking te doen en in April 2010 word die liedjie opgeneem in die Studio by die NWU.

BIOGRAPHY

Hannes was born on 10 September 1960 in Pretoria.

He started his school career at Modder Bee and continues it at Bredell Primary School where he participates in recital and singing on the East Rand Eisteddfod. This participation was driven by his mother who has a passion for the arts. At the age of 10 he received a Prestige for the song “Agt muisies het gaan wandel in silwer maanskyn". At the age of 12 he believes that singing was no longer an option.

At the age of thirteen he commited his life to Jesus Christ, was baptised and filled with the Holy Spirit. A sinner saved by grace.

He completed his school career in 1977 at Hoogenhout Hoerskool in Bethal and joined the South African Air Force for four years. He started a career in Banking and progress to Business Banker in 2008.

During 1996/1997 Buddy Botes approach Hannes to join the Worship team in Pongola where he started singing again.

During January 2000 he moved to Groblersdal. During 2004 Hannes was still deciding whether he should bought his first sound system or not. One evening after a special service conducted by Pastor R Watt, the pastor get back on the stage and said the following: “And if the Lord has called you to minister to people and you need a sound system, then bought one. They are not that expensive." He again become involved with the Worship team and in September 2005 he competes in the Radio Pulpit competition during the Jesus Festival.

In May 2006 he moves to Pretoria where he was a Business Banker.

In November 2009 traveling from Pretoria he recieved the lirics and tune for the song "Running" directly from the Lord in an instance. He request Quinten Pendle to process the music and in April 2010 the song were recorded in the Studio at the NWU.